GEDENKSCHOOL
DER HUGENOTEN


'n Lewende monument vir Afrikaans en moedertaalonderrig

A living monument for Afrikaans and mother-tongue tuition

 

Marie Luttig Gedenklesing

Terug na Tuisblad

Wyle dr. Marie Luttig, in lewe 'n Johannesburgse ginekoloog en verloskundige, asook ambassadeursvrou in Londen en Oostenryk in die 1960's, het by haar oorlye in 1997 'n aansienlike bedrag vir die bevordering van Afrikaans nagelaat.
 
Die Luttig-trust het in 2000 belanghebbendes genooi on aansoek te doen om toekenning uit dié nalateskap. Die boedelbrederaar, J.F. van Graan & Van der Wateren Prokureurs van Thabazimbi, het die aansoeke gehanteer.. Mnr. Martiens van Bart, ondervoorsitter van die trusteeraad van die Hugenote-Gedenkskool op Kleinbosch, se aansoek om 'n jaarlikse skenking was geslaag.
'n Voorsel van 'n oudtrusteeraadslid, mev. E.S. van Bart, dat die raad 'n Marie Luttig-gedenklesing in die lewe roep en dat die jaarlikse skenking uit die Luttig-fonds vir die bevordering van Afrikaans in onder meer die mediese wêreld aangewend word, is eenparig deur die raad aanvaar.

Mnr. Jean Smit, voorsitter, het voorgestel dat die gedenklesing elke jaar op of naby die herdenkinsdag van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA-dag), 14 Augustus, as 'n prestige-geleentheid in die Hugenote-Gedenkskool se konferensiesentrum in Dal Josafat gehou word.
Prof. J.C. (Kay) de Villiers, afgetrede neurochirurg en hoogleraar in neurochirurgie aan die Universiteit van Kaapstad, is ganader om die eerste Marie Luttig gedenklesing te lewer. Die tema van sy gedenklesing was "Hugenote-geneeskunde aan die Kaap".
Die eerste Marie Luttig-skenking van R10 000 is by die geleentheid gedoen aan die hersieningsprojek van die Woordeboek van Afrikaanse Geneeskunde-terme. 'n Tjek vir dié bedrag is deur Dr. Carel Stander, finansiële bestuurder van die Hugenote-Gedenkskool Trustee-raad aan die hersieningsredakteur, prof. Jan de V. Lochner, oorhandig. Hy het die gehoor van 30 mense, waaronder medici en taalkundiges, oor die projek toegespreek. Die eerste redakteur van die WAG, prof. Andries Brink, was ook teenwoordig.
 
Die trusteeraad sal elke jaar opnuut besluit watter projek gesteun sal word. Ná 10 jaar sal die gelewerde gedenklesings in boekvorm gepubliseer word, het Martiens van bart, die seremoniemeester en mede-organiseerder, gesê.