GEDENKSCHOOL
DER HUGENOTEN


'n Lewende monument vir Afrikaans en moedertaalonderrig

A living monument for Afrikaans and mother-tongue tuition

-1883-

Van Toeka tot Nou

A story spanning more than 125 years
 

Switch to English

Kontak en Aanwysings


Die Gedenkschool Der Hugenoten
het op 1 Februarie 1982 to stand gekom. Die genootskap van regte Afrikaners, onder leiding van ds S J du Toit, het nuwe waardering geskep vir die rol wat moedertaalonderrig in die opvoeding moet speel. Om aan hierdie ideaal uitdrukking te gee, die die 200-jarige herdenking van die aankoms van die Franse Hugenote in 1688 gebruik om 'n skool as lewende monument op te rig wat erkenning sou gee aan 'n taalgodsdiens-, en kultuurgroepe se eiesoortige belange.

S J du Toit

Die Gedenkschool Der Hugenoten, wat voorheer 'n wynkelder was, is op 14 Maar 1983 op die plaas De Kleine Bos geopen en deur die boeregemeeskap van Dal Josafat en Klein Drakenstein in gebruik gestel sodat hule kinders moedertaalonderrig kon ontvang. Dit is die eerste skool waar, volgens die oprigtingsakte, Afrikaand as onderrigmedium aangewend is. D F du Toit (oom Lokomotief) was die eerste onderwyser. In die klas van 1890 was onder andere JD du Toit (Totius), AG Visser en DG Malherbe. Die skool het in die laaste jare nie steun van die staat ontvang nie en is weens 'n gebrek aan fondse genoodsaak on in November 1910 te sluit.

   Die Gedenkskool in 1883

D F du Toit

Die skoolgebou is later weer omskep in 'n wynkelder wat nog later in onbruik geraak het en toe as 'n pakkamer gebruik is. Dit het oor die jare bouvallig geraak omdat dit nie meer in stand gehou is nie. Dit was byna gesloop toe die Kaaplandse Helpmekaar Studiefonds geld geskenk het om 'n ewigdurende servituut oor die stukkie grond en bouval te registreer.

 

Die Gedagte om die gedenkskool in ere te herstel het in die tagtigerjare by wyle W A (Bill) de Klerk posgevat. Met die hulp en samewerking van Die Burger, verskeie Afrikaanse kultuurprogramme en die publiek is geld ingevorder vir die resourasie van die gebou. Dit is op 25 Maart 2002 ingewy. Die gastekamers op die grondvloer worde vehuur deur die Duitse eienaar van Augusta kleinbosch, mnr Ulrich Froese. Die eerste verdieping is ingerig as 'n museum en konferensie sentrum.
 

Voor restourasie 1995

Na restourasie 2008

Die Du Toit-begraafplaas is in 1692 deur die Hugenote-stamvader Francois du Toit aangelę en van die leiersfigure onder die Du Toits is hier begrawe. Martha, die suster van Piet Retief die voortrekkerleier, is ook hier begrawe.

 

                                                                                                             Die Du Toit Begraafplaas